...










Ons reis het in 2015 begin met ‘n eenvoudige idee – om die herinneringe wat tradisionele Melkkos bring, na meer mense hier by die Boeremark te neem. Wat as ’n klein besigheid begin het, is vinnig in ’n weeklikse tradisie omskep — nie net vir ons nie, maar vir soveel van ons lojale kliënte.
Deur die jare het ons stalletjie ’n ruimte geword waar vriendskappe gesmee word, en stories en herinneringe gedeel word.
Ons het gereeld kliënte wat maande lank verdwyn, net om weer terug te keer met nuwe stories, bekende glimlagte en soms bittersoet oomblikke.
Deur alles het ons besef dat om ander te bedien, ’n stille manier is om hul dag ’n bietjie beter te maak.
Ons is ’n trotse gesinsbesigheid — jy sal ons elke Saterdag daar kry, en ja… ons eet nogsteeds ons eie Melkkos nog voor die son opkom. Dit is ’n tradisie wat ons nie sommer sal oorslaan nie.
Ons bly getrou aan egte, tradisionele Melkkos — soos ons altyd sê: meel, botter, melk en ’n bietjie liefde. Geen kortpaaie nie, net volroom-lekkerte.
Na ’n dekade by die Boeremark is ons steeds net so passievol soos ooit — nie net oor ons melkkos nie, maar ook oor die mense wat ons bedien. Ons is dankbaar vir elke glimlag, elke kompliment en elke persoon wat steeds elke week terugkom. Want uiteindelik gaan dit nie net oor Melkkos nie. Dit gaan oor gemeenskap en omgee.